HOME


HARRY POTTER AND THE PHILOSOPHER'S STONE

With Daniel Radcliffe, Rupert Grint, Emma Watson, Robbie Coltrane, Richard Harris
Directed by Chris Columbus

Finally another magical youth hero for children raised in a world of unrelenting sex and violence. As a baby, Harry's wizard parents were killed by an evil rival, the infant getting off with only a scar, his inborn wizard power very strong. Growing up in the English suburbs with his miserable uncle, aunt & cousin, he one day receives an invitation to attend the Hogwart School for young wizards. This magical place which runs pretty much like a regular school (except for its isolated castle location and classes ranging from broom flying to spells) is filled with mystery and fun. A dark presence, however, looms, which send our hero and his two friends into a world of adventure and danger. Based on the highly popular J.K. Rowling book, the filmed version pays great attention to detail and maintains a fun sense of humour. This is by far not the last of the Harry Potter films, I can assure you, and young and old can get into its magical world without feeling compromised in both their sense of belief or their adult stature.

4 / B
- PB


…the 2nd opinion in Afrikaans…

HARRY POTTER AND THE PHILOSOPHER'S STONE
Met Daniel Radcliffe, Rupert Grint, Emma Watson, Robbie Coltrane, Richard Harris
Regisseur: Chris Columbus

Nes die
Lord Of The Rings titel aan vele bekend is, het die meerderheid dit nog nooit eens so ver gegaan as om die omslag te bekyk nie. Wanneer dit by Harry Potter kom is ek een so 'n skuldige. My verskoning is ten minste dat dit op 'n jonger leesgroep gemik is(!). Harry Potter is natuurlik die seun van 'n towenaar/waarsêer paartjie wat deur 'n bose mag verwoes is en toe as baba by sy oom en tante gelaat is sonder enige wete van sy enorme krag en aanleg vir hierdie kuns…Totdat hy jare later as vroeë tiener gehaal word om die Hogwart skool vir jong towenaars by te woon waar sy avontuur waarlik op dreef kom. Uit sy dood gewone voorstad lewe word die ongelukkige Harry skielik deel van 'n wêreld vol wonder, pret en plesierige bonatuurlikheid. Terwyl Hogwarts soos 'n gewone skool verloop (wat klasse, dissipline en sport insluit), is dit alles behalwe konvensioneel. Gesetel in 'n wonderlike kasteel omring met berge en mere, bied die lokasie alreeds 'n anderwêreldse atmosfeer wat wel met die lewe soos ons dit ken geïntegreer is. Dit is vanselfsprekend dat die bose mag deur wie se vingers Harry as baba geglip het weer sal opduik, en saam met 'n geheim wat ons held en sy twee nuwe beste vriende probeer uitsnuffel, is dit die hoof tema buiten die pretbelaaide ondervindinge soos besemvlieg klasse en 'n reuse vratagtige paaiboelie wat in die skool losgelaat is. Al die elemente word goed toegepas, van humor en aksie tot gevaar en spanning. Visueel is Harry Potter 'n oorvloeiende ervaring propvol opwindende, betowerende en mal effekte wat 'n baie groot deel uitmaak van die fliek se aantreklikheid. Wanneer dit kom by die verborge kunste en dinge soos towerspreuke en brousels wat op 'n magiese manier die omgewing en gebeure beïnvloed, word party mense 'n bietjie emosioneel (gewoonlik vanuit 'n religieuse oogpunt) met die boosheid wat daaraan gekoppel kan word bemoei (soos die stereotipiese aaklige heks wat net kwaad doen). Hoewel dit in Harry Potter ook duidelik gemaak word dat hierdie magte vir goeie dade gebruik moet word, is dit moeilik om die negatiewe aanwending daarvan te verhoed - dalk nes godsdienstige oortuiginge wat uiteenlopend 'n goeie uitgangspunt het, maar net so maklik gebruik kan word om chaos te saai? Terwyl die ouer gaarde Harry Potter net so veel soos die jonger kykers kan geniet, was dit 'n taamlike groot kans om die baie lang looptyd te handhaaf, maar met soveel storie elemente, gebeure, grappe en effekte, slaag die rolprentmakers daarin om ons aandag meeste van die tyd vas te nael. Wanneer 'n wenresep soos hierdie raakgeslaan word (en binne die openingsnaweek in Amerika alleen amper 'n biljoen Rand ingebring het!) is dit vanslefsprekend dat elkeen van die boeke vir die wye doek aangepas sal word - en, soos met 007, selfs na al die geskrewe stof uitgeput is. Dit het so maklik geword om lees uit ons daaglikse aktiwiteite te skakel met radio, TV en rolprent. Nes diegene wat die Lord Of The Rings trilogie gaan kyk sonder dat die boeke gelees is, kan hierdie pretbelaaide verfilmde weergawe van Harry Potter ook heelwat kykers prikkel en aanspoor om die literêre wêreld van hierdie nuwe jong held te gaan ondersoek.

4 / B
- PB


1 2 3 4 5 6
A - B - C




never let a review decide for you, but for those who need a rating, see the Flamedrop scale below
6 - Volcanic
5 - Blistering
4 - Hot
3 - Smolder
2 - Room Temperature
1 - Fizzled
0 - Extinguished

A: Multi-Viewing Potential

B: Could Enjoy A 2nd Look

C: Once Should Suffice




© 2007 Flamedrop Productions